Posseël kan hoë prys behaal

’n Posseël wat deur Stephan Welz & Co. opgeveil gaan word, kan ten duurste van die hand gesit word omdat dit per abuis met die verkeerde kleur drukkersink gedruk is.

Die maatskappy verwag dat die seël tot R720,000 kan haal tydens die komende veiling van die grootste seël-veiling wat in die afgelope dekade in die land sal plaasvind.

Na verwagting sal die 1,300 seëls en verwante artikels groot aftrek kry by versamelaars, en die een besondere seel, wat gedruk is waarvan enkele letters ontbreek weens die misdruk, sal wye belangstelling lok.

Die seel is ’n  £1-dubbelkopseël van die jare 1910-’13 wat verkeerdelik in ’n rooierige kleur gedruk is.

’n Versameling, bekend as die A-Z Statebond versameling, is gewaardeer vir ’n bedrag tussen R1,2 miljoen en R1,8 miljoen.

Die belangstelling in seëlversameling het die afgelope aantal jare skerp toegeneem, en word talle jonger mense deesdae ’n bekende gesig by veilings en verwante byeenkomste.

Die hele versameling wat Woensdag opgeveil word, sal na verwagting meer as R8 miljoen behaal.