Beril – die onbekende edelsteen

Beril is ‘n steen wat nie baie bekend is nie. In die Bybel word wel na die edelgesteente verwys. Geologies is beril (beryl) ‘n mineraal, saamgestel uit berilium aluminium siklosilikaat. 

Die steen het heksogonaal, dit is seskantige kristalle wat baie klein of baie groot kan wees.

Bronne dui aan dat dit meters groot kan wees. Suiwer beril is kleurloos, maar dit is meestal getint met onsuiwerhede en dan word die kleur groen,  blou, geel, rooi of wit.

Die woord beril (beryl) is afgelei van die Latynse woord “beryllus”. Beryllus beteken ‘waardevolle blou-groen die kleur van seewater steen’.  Beril van verskeie kleure word meestal in graniet pegmatiet gevind maar daar kom ook beril voor in mika leisteenstrukture. Daarom vertoon sommige van die beril geel/bruin.  Beril word soms met tin en wolframsuursout (tungsten) geassosieer.

Beril word gevind in Noorweë, Oostenryk, Rusland, Basilië, Madagaskar, Mosambiek, Amerika en ook in Suid Afrika en oral in Europa. Sommige pegmatiete wat in Engeland gevind word is van die grootstes in die wêreld. Die grootste beril steen is in Malakialina, Madagaskar gevind en dit was 18 meter lank, 3,5 meters in deursnee en het 380,000 kilogram geweeg. Dit is ‘n pragtige steen en massief.

Tot volgende keer, waardeer ons edelstene, dis tog maar iets van besondere aard en bly mooi. Suid Afrika het baie verskillende soorte.