Wie stem vir wie!

Gedurende die afgelope weke moes die Afrikaanses sien hoe hulle Black Sash tante van weleer, die aftog blaas omdat die swart ondersteuners van die snaakse party klaarblyklik begin eise stel om ontslae te raak van enige witvel, Black Sash, of te nie!

Toe begin die wedloop om ’n swart “black sash” in die stoel te kry, en word allerhande feeverhale vertel van hoe dit en dat so wonderlik is… solank dit net nie wit is nie….

Nou wil ek sien met hoeveel oorgawe gaan die wit Afrikaanses begin saam dans in die komende munisipale verkiesing.

As hulle ophou om vir die snaakse party te stem oor sy nuwe, swart leier, is hulle rassiste, en die snaakse party wil sekerlik nie opgeskeep sit met ’n spul Afrikaanses wat nog rassiste ook is nie… dis hoeka genoeg dat hulle nie swart is nie.

Ja, so gebeur dinge – FW en Roelfie sal nou wel vir die snaakse party kan stem, al is wie ook al die grootmeneer, want hulle het mos lankal gewys hulle hou nie van hulle eie velkleur nie…

Snaaks hoe snaaks dinge kan uitdraai – die klomp Ja-stemmers moet nie nou ’n Nee-stem mentaliteit openbaar nie, dit kan aanstoot gee.

Jasper du Preez