Wie het betaal?

Die Minister van Sport en Ontspanning, Fikile Mbalula, het blykbaar besoek gebring aan Las Vegas, om na die saai, eentonige en verbeeldinglose geveg te gaan kyk van twee boksers wie se name hoog opgegee is as wêreldgehalte vegters.

Die bewerings en vrae oor wie vir die reiskoste betaal het, is deur die minister gesmoor toe hy sonder huiwering gesê dat dit nie uit die sak van belastingbetalers kom nie.

Onbevestigde berigte dui daarop dat die minister egter in gebreke gebly het om te sê wie daarvoor betaal het.

Kenners het die boksgeveg tussen Floyd Mayweather en Manny Pacquiao beskryf as ’n saai en verbeeldinglose geveg waarvoor mense peperduur kaartjies gekoop het.

Die minister het op die sosiale netwerk geskryf dat dit so is dat ’n swart man in die land altyd bevraagteken word vir wat hy doen, asof hy korrup is.

Die minister het nie gesê of hy of wie anders vir die kaartjie betaal het nie, maar ’n woordvoerder het gesê die minister sal verklaar wie waarvoor betaal het, maar sal dit deur die regte kanale doen.

Intussen bly dit onduidelik wie vir die besoek betaal het.

Foto – Fikile Mbalula