Vir die dames – Chrisopraas

In Bybelgedeeltes lees ons van verskillende edelstene wat sekerlik bietjie onbekend is vir ons. Chrisopraas staan ook bekend as Groen Agate.

Chrisopraas is ‘n Engelse woord en kom van die Griekse “chrysos” en “prason”, wat goud en grasuie beteken. Dit beteken dan “goue groen”.

Dit is ‘n veselagtige kwarts wat nikkel bevat. Dit is gewoonlik groen maar die kleur kan verskil in diepte. Chrisopraas is baie skaars en kom in aantreklike groen kleure voor. Dit is een van die mees waardevolste kwarts erts en word maklik verwar met Emerald. Nadat Chrisopraas verwerk is, sal dit ooreenstem met ametis.

Verder is Chrisopraas ook bekend as Taiwan Jade Sapphire en behaal tans die hoogste pryse. Chrisopraas en smarag is dan ook Mei se verjaarsdagsteen.

Chalcedoon (ook ‘n edelsteen) is baie verwant aan Chrisopraas. Volgens bronne is Chalcedoon gedra op die bande wat om vegters se lywe gebind was tydens hulle gevegte. Chalcedoon is ook ‘n kwarts en een van die ongewone minerale edelstene.

Ons kan ons verwonder aan die verskillende stories van edelstene en ons land is so ryk aan al hierdie edelgesteentes.

Ons moet dit bewaar en beskerm.