"VE-dag" – oorwinning in Europa oor Duitsland, 1945

Die Redakteur

Terwyl die wêreld hierdie oorwinning, vandag 70 jaar gelede vier, is dit ook nodig om nugter en objektief na die twintigste eeu te kyk.

In kort was die vernederende vrede van Versailles, opgedwing aan Duitsland deur Engeland, Frankryk en Amerika, die direkte oorsaak vir die 1939-45 oorlog in Europa, Afrika en die Midde-Ooste.

Hierdie grootste imperiale lande van die afgelope 200 jaar wil vandag graag vertel dat hulle in 1945 ´n slag vir vrede gelewer het.

Maar wat is die ware toedrag van sake sedertdien?

´n Ondeurdagte kompromis met die kommunisme het die kommunistiese oorheersing van Oos-Europa, Sjina, groot dele van Asië, Afrika en Suid-Amerika ontketen.

Hiermee word die tiene-miljoene sterftes,  sowel as vergrype deur álle deelnemers aan daardie oorlog, geensins goedgepraat nie. 

Die bydraes van die Franse, Poolse en Russiese state aan konsentrasiekampe en die verwoestende bombardemente van Dresden en Tokyo spreek vanself, asook die teruggawe van Kosakke aan Stalin deur die Engelse.

Ons moet ook nie miskyk nie, dat in die laaste maande van oorlog daar gewedywer is om Duitse tegnologie en wetenskaplikes te gryp – en na die oorlog is honderde, miskien duisende Duitsers, na die VSA, USSR en Europese moonthede, en is geen woord gerep daaroor nie.

Maar dit is, tragies om te sê, klein in vergeleke met die honderde miljoene ongevalle wat sederdien voor die deur van kommunistiese imperialisme, asook Britse- en Amerikaanse ekonomies-imperiale optrede gelê kan word.

Die VVO, gebore uit hierdie vredesdrang, het intussen soos sy voorgangers die draer van ´n vals een-wêreld droom geword, wat sterk herinner aan ´n humanistiese ryk van mense-opstand teen God.

Ook aan eie front het ons nie ontkom nie:

Die bestaan van die “nuwe SA” is direk toeskryfbaar aan ´n kombinasie van kommunisme en Anglo-Amerikaanse belange-politiek.

Ons volksmoord getalle is dalk “te klein” in die oog van die wêreld, en ons is nie die enigste slagoffer-volk nie, maar voordat ons klakkeloos “vrede” herdenk, moet ons die prys sedertdien versigtig weeg.

Leser Anoniem