Te veel polisie is verkragters

Nathi Nkleko, die Minister van Polisie, het op ’n skriftelike vraag gereageer en erken dat bykans 200 sake van verkragting teen polisiebeamptes ingebring is gedurende die afgelope boekjaar.

In die Wes-Kaap alleen is 38 sake waarvan slegs 16 in die hof gedraai het en uiteindelik skuldig bevind is.

Sentraal Transvaal is tweede op die lys met 34 voorvalle van polisiebeamptes wat aangekla is vir beweerde verkragting. Natal het 32 gevalle gehad.

Benewens die verkragtings, het ’n groot aantal klagtes teen polisiebeamptes ingekom vir seksuele teistering en ander seksuele misdrywe.

In die afgelope drie jaar is ’n gemiddelde aantal van sowat 300 sake van dié misdrywe teen polisiebeamptes aangeteken. Hiervan het net meer as die helfte in die hof gdraai, waarvan slegs 12% uitgeloop het op skuldigbevinding.

Kenners wys daarop die die lae koers van skuldigbevinding nie net kommerwekkend is nie, maar ook ’n teken dat die regstelsel nie voldoende beskerming bied aan geteisterde slagoffers nie.

Die Ministerie het bevestig dat mense in diens van die polisie van 2013 tot 2014 altesaam 1,537,499 verlofdae geneem wat die Departement sowat R980 miljoen gekos het.