Talle skenkings vir lykskouing van baba

Springs -. Mense vanoor die land het hulle bydraes gemaak om R10,000 bymekaar te maak vir die lykskouing op die driemaande oue baba wat met sy eerste dag by ’n kleuterskool, dood is.

Binne enkele ure nadat die ouers van die baba op die sosiale netwerk om hulp gevra het, is die verlangde bedrag ingevorder.

Talle anonieme persone, familie en vriende van die egpaar het mildelik en spontaan bygedra om die baba se dood bepaal te kry.

Die egpaar was nie tevrede met die outopsie waarin slegs gemeld word van “onnatuurlik en onbepaald” en het derhalwe besluit dat ’n lykskouing moontlik meer beskrywend kan aandui wat die oorsaak van die baba se dood is.

Gert en Monique Fourie het ’n welbekende privaat patoloog gekry om dadelik werk te maak sodat hulle ’n tweede mening kan kry.

Die privaat lykskouing sal vanoggend gehou word.