Swak spelling laat rooigesigte

Die eerste voorval van swak spelling was ’n spelfout wat begaan is deur administrateurs van Krieket Suid-Afrika (KSA), en het almal laat bloos.

Hierdie tweede mistasting laat egter die sosiale media gons want Suid-Afrikaners spot heerlik oor die spelfout, wat deesdae as “tikfout” bestempel word om verleentheid te spaar.

Hierdie keer moes Krieket SA weer probeer verskoning maak vir ’n absurde fout deur “Africa” se letters verkeerd te plaas met die gevolg dat “Arfica” die resultaat was.

Talle het op die internet gevra wie die spelfout begaan het wat vir menige ’n groot verleentheid was, maar ook vir talle ongesiens verby gegaan het.