Spesialis-eenhede nou dringend nodig

Spesialis-eenhede soos in die dae voor 1994 het dringend noodsaaklik geword om te verhoed dat die land in totale anargie verval.

Dit is die mening van ’n voormalige senior polisieoffisier na aanleiding van die toenemende gewelddadigheid in die land.

Hy sê daar is nie meer tyd vir misleidende statistieke wat probeer bewys dat misdaad aan die afneem is in die land nie.

Die Minister van Polisie behoort nou sterk op te tree en spesialis-eenhede te vestig wat verskillende aspekte van misdaad sal vasvat.

Bendegeweld, dwelm-sindikate, moordbendes, terroriste, korrupsie en talle ander aspekte vereis dringende aandag, en spesialis-eenhede kan ’n reuse bydrae lewer om dit te bekamp en vas te vat, het hy gesê.

Nathi Nhleko het langer as vier weke gelede onderneem om ondersoek in te stel om dié eenhede weer in diens te stel, sê Dan Plato, die Minister van Gemeenskapsveiligheid, in die Wes-Kaap.

Politieke ontleders het met kommer kennis geneem van die skielike stilswye van die minister nadat hy sowat ’n maand gelede onderneem het om “ondersoek in te stel” na die herontplooiing van spesialis-eenhede.

Foto – Nathi Nhleko