SA vroue tel onder die bestes

In die Amerikaanse wildjag kompetisie vir vroue, is 20 semifinaliste aangewys wat meeding om die eerste plek in die Amerikaanse Extreme Hunters-kompetisie.

Van die 20 is 16 Amerikaners en Kanadese vroue, een vrou van Australië en drie vroue uit Suid-Afrika.

Extreme Huntress se webblad wys daarop dat die kompetisie ’n poging is om positiewe rolmodelle te skep van vroue wat werklik belangstel in wildjag.

Tanya Chegwidden van Pretoria, Michelle Niemandt van Ellisras en Mari Benecke van Welkom is aangewys as drie van die semi-finaliste.

Die ondersteuners het tot 1 Junie tyd om vir die drie te stem op die webblad van Extreme Hunters.

Die ses finaliste sal na Dallas in die Amerikaanse deelstaat Texas gaan om daar getoets word van hulle vernuf in die tegniek van wildjag.