Polisie helikopters is wrakke

Die helikopters van die polisiediens is nie net verouderd nie, maar van hulle is wrakke wat nie meer in die lug hoort nie, en behoort lankal vervang te gewes het.

Volgens onlangse inligting kort die polisiediens sowat R500 miljoen omvan die verouderde helikopters te vervang, waarvan ses so gedaan is dat hulle nie meer in gebruik is nie.

Die polisie benodig helikopters wat oor die vermoë beskik om ook in die nag te gebruik, en as die wrakke nie gou vervang word nie, sal daar binnekort geen tuig met nagvlug vermoë oor wees in die polisiediens nie.

Die helikopters is uiters noodsaaklik met die agtervolging en opsporing van vlugtende misdadigers, en word dikwels gebruik in reddingsoperasies en brandbestryding.

Die polisie se helikopters is uiters suksesvol aangewend om daggaplantasies op te spoor, en om bendes se bedrywighede te volg.

Polisie woordvoerders wys daarop dat van die helikopters in 1985 aangeskaf is, en onderdele is derhalwe nie meer beskikbaar nie, of moet ten duurste aangekoop word maar is dikwels ook gebruikte onderdele.

In Pretoria is daar ses helikopters wat nie meer gebruik kan word nie.

Die polisie se lugvleuel moet met agt helikopters klaarkom, wat meebring dat hulle soveel meer vlug-ure per week in die lug is en binnekort dalk ook vervang moet word.

Tot hede het die lugvleuel hoofsaaklik van die Duits vervaardigde MBB Bo 105 ligte tweemotorige helikopter gebruik gemaak wat wêreldwyd baie gewild is.

Van die agt wat nog in gebruik is, is sewe diensbare MBB’s en een MBB/Kawasaki BK 117, ’n mediumgrootte dubbelmotorige helikopter en die grootste helikopter in die polisie-arsenaal.

Die polisie het nog een of twee groter eenhede wat vir spesifieke operasies gebruik word.

Kenners is dit eens dat die ses helikopters dringend vervang moet word, en dit sal meer as R500 miljoen uit die staatskas neem.