Oud Suid-Afrikaners presteer as suiwelboere

’n Egpaar van Suid-Afrika, wat hulle in die verre Nieu-Seeland gaan vestig het, is die naaswenners in die grootste suiwel kompetisie van die land.

Johan Blom en sy gade, Theona, het uitstekend presteer en as naaswenners in die afdeling vir deelmelkers, wat ’n baie gewilde bedryf is vir boere wat nie oor ’n eie melkkudde beskik nie.

Die Blom-egpaar het sowat R227,000 aan pryse gewen.

Hulle het in 2008 geëmigreer waar Johan (47) as ’n assistant kudde-bestuurder begin werk het.

Nou het hy ’n halwe aandeel in die 270 melkkoeie van die plaas.

Die egpaar is geloof vir hulle uitstekende rekordhouding van finansiële aspekte, veral in die verskillende scenarios.

Johan het ’n B.Sc Agric graad en sy gade is ’n rekenmeester van beroep.

Suid-Afrikaanse immigrant, Gerard van der Mark (22), was die naaswenner in die afdeling vir melkery-leerling van die jaar.