OSI wys op internasionale spanning

Die bestuur van Oranje Sake Instituut (OSI) het kennis geneem van die rassespanning wat as xenofobiese aanvalle beskryf word en wat hewige internasionale kommentaar van ontevredenheid ontketen het.

Van Suid-Afrika se grootste struggle bondgenote soos pres. Mugabe het die toestand raak opgeom toe hy gesê het dit is erger as apartheid.

Die wyse waarop die regering die erns van die saak hanteer het, getuig van onbevoegdheid om wet en orde te handhaaf, en dui op onverantwoordelike optrede teenoor ander regerings op diplomatieke vlak.

Die bestuur van OSI is daarvan oortuig dat die kern van die probleem tweërlei is, naamlik dat grensbeheer nie behoorlik toegepas word nie, en dat repatrisasie van onwettige immigrante weinig indien enige aandag geniet het nie.

Daarbenewens bestaan daar n afguns onder swartes in Suid-Afrika wat klaarblyklik nie oor die wil of die kennis beskik om self as entrepreneurs n onderneming te begin nie, en maak dan jag op uitlanders wat in die land as entrepreneurs n lewe wil maak.

Die Oranje Sake Instituut wil die regering daarop wys dat sy halfhartige optrede om geweld te bekamp, internasionale beleggers sodanig afgeskrik dat hulle belangstelling moeilik herwin kan word.

Dit het ook n negatiewe uitwerking op die sakeondernemings van die OSI sakekamers en hulle lede, wat n stryd voer om in die swak ekonomiese klimaat, met n al swakker wordende geldeenheid, om kop bo water te hou.