Nuusflitse – 5 Mei

Nieu-Seeland is Maandagmiddag deur ’n aardbewing, wat 5,6 op die Richterskaal geregistreer het, getref. Geen beserings of ernstige skade is aangemeld nie.

 

Die countrysanger Fredi Nest (56) se familie sal vandag by dokters hoor wat sy vooruitsigte is nadat ’n breingewas by hom gediagnoseer is. Hy het verlede week ’n beroerte gehad en is kort daarna in die Steve Biko- Akademiese Hospitaal in Pretoria opgeneem.