Mediese eis teen MediClinic

Bloemfontein -. Die MediClinic in die Vrystaatse hoofstad staar ’n eis van sowat R470,000 in die gesig nadat ’n stuk plafon van ’n kantoor op Nicolette Blaauw, ’n sekretaresse, neergestort het waar sy gewerk het.

Sy is blykbaar erg beseer aan haar regterskouer en ander dele van haar liggaam.

Die eis word ingestel weens die klaarblyklike nalatigheid van ’n instansie wat herstelwerk gedoen het, maar nie die plafon deeglik beveilig het nie.

MediClinic beweer die nalatigheid is aan die kant van die kontrakteurs wat die herstelwerk gedoen het, terwyl die kontrakteur weer die blaam op ’n volgende instansie se kontrakteurs wil plaas.

Foto – MediClinic Bloemfontein