Marli byna gereed vir skool toe

Kaapstad -. Sy het ’n lang en moeisame stryd gehad, en alles is nog nie agter die rug nie, maar die dapper, en mooi geaarde Marli van Breda (16) kan dalk eersdaags weer saam met haar klasmaats by die skool wees.

Marli was verlede week saam met vriende by Somerset College wat die vermoede laat ontstaan dat sy heelwaarskynlik binne weke weer terug op die skoolbanke kan wees.

Debbie Wybrow, haar regsverteenwoordiger, sê dit was Marli se derde besoek aan die skool, en vorm deel van die proses om haar weer gereed te kry om in die samelewing opgeneem te word.

Debbie sê haar kliënt geniet die besoeke aan die skool en het dit aangenaam beleef om saam met haar graad 11 maats te gesels.

Sy het ook ’n ruklank buit die skool met ander leerlinge gesels en sê dit is vir haar wonderlik om terug te gaan na die omgewings wat vir haar bekend is.

Marli se vordering word egter baie goed gemonitor deur die familie en geneeskundige span en sal mettertyd besluit wat gedoen moet word, en wanneer sy kan terugkeer skool toe.

“Ons bly in kontak met die skool se ontwikkelingseenheid vir studente oor Marli se terugkeer na die skool, om haar by te staan en te ondersteun.”

“Dit is wonderlik om te sien hoe sy vorder, en haar pragtige geaardheid en vasbeslotenheid as ’n positiewe mens. Sal verseker dat sy volkome herslel”, is gesê.