Linkse manteldraaiers

Dit is tog vreemd hoe die linkses hulleself ingeoefen het om manteldraaiers te wees, en hiervan is die Zille ondersteuners waarskynlik die mense wat dit vervolmaak het.

Miskien sal hulle goeie stiergeveg vertonings kan lewer….

Ek brand van nuuskierigheid om te sien hoe die ou klomp Nattes, wat later Zille s ondersteuners geword het, hulle mantels gaan draai wanneer “mr. Black” die leisels gevat het.

Kyk nou hoe die linkse pers ook ewe skielik wonder oor selfbeskikking vir ons volk. Die Media24 ouens het glad ’n onnodige vraag gevra waar mense kan gaan stem “ja” of “nee” vir selfbeskikking.

Ek is oortuig daarvan dat die Naspers klomp, met hulle baie geld, dit net doen omdat hulle tog te bang is die koerantjies wat nog halfhartig Afrikaans besig, kan dalk sneuwel as volksgenote ophou om die goed te koop.

Hulle tweede motief is natuurlik om seker te maak hulle draai hulle mantel na die meerderheid lesers, want dit is hoe hulle die koerantjies gesmous kry.

Maar miskien moet mens maar gaan kyk, en gaan stem by die vraag:

Selfbeskikking vir Afrikaners? Ja of Nee!

Johann Venter