Klipgooier beseer motoriste

In ´n daad van sinnelose geweld is bakstene na motors geslinger op die N12 snelweg, suid van Johannesburg wat verskeie motoriste ernstig beseer het. 

Die agt-jarige Caden Slabbert en Marionette Schwab, wat in afsonderlike voertuie, albei teen die kop getref is deur bakstene, is beide in medies-geïnduseerde komas.

Die insittendes van ´n derde motor, wat binne enkele minute daarna deurgeloop het, is ongedeerd.

Personeel van ´n ambulans wat op die snelweg onderweg was, het noodhulp op die toneel verleen.

Die agt-jarige Caden se familie het vir sy lewe gevrees, tot na afloop van ´n suksesvolle operasie in die Clinton hospitaal.

Na berig word is beide pasiënte se toestand stabile.  Hulle moet nog skanderings en toetse ondergaan om vas te stel of daar verdere skade is weens hul beserings.

Benewens hierdie beserings, is naasbestaandes, veral Caden se elf-jarige sussie, geskok oor hierdie sinnelose daad en die vrees vir hul geliefdes se lewe.

Die woordvoerder van die Johannesburgse Metro Polisie het ´n vierde voorval bevestig, maar het geen melding gemaak van oplossings vir hierdie geweld nie.

Kenners maan motoriste om op die uitkyk te wees vir verdagte optredes langs snelweë.  Teen ´n snelheid van 120 km/h is dit baie moeilik om aanvalle soos hierdie veilig te ontwyk, en veral snags moet stilhou naby die punt van sodanige aanval, liefs vermy word.

Foto – Caden Slabbert