Klein span, mooi sukses

Pretoria -. Die gewapende boef storm uit die plek waar tweedehandse motors verkoop word, draai om en mik met die vuurwapen op iemand….

Dit is toe dat mev Dolly Viviers (73), wat saam met haar seun ry, hom aangemoedig het om die skurk vas te trek.

Tony Viviers (39) het egter sy voertuig se ligte geflikker en die toeter hard en aanhoudend geblaas.

Die skurk het besef hier kom moeilikheid en gou in die voertuig gespring wat vir hom gewag het, en probeer om weg te jaag.

Die bejaarde ma het weer haar seun aangemoedig, en waar hy voorheen alles sou los vir die polisie, het hy op haar bevel die vlugtendes se bakkie agterna gesit terwyl hy sy vriend in die polisie skakel.

Hy sê die wete dat die vlugtendes dalk nog op ’n dag sy ma kan aanval, het hom laat besef hy moet help dat die skurke agter tralies kom.

Hy het die wereld goed geken, en toe die skurke afdraai, kon hy die polisie mooi beduie waarheen hulle moes gaan om die skurke voor te keer.

Maar ewe skielik was die skurke agter hom in aantog, en hy het doodluiters voorrt gery, reguit na waar die polisie moontlik sou wees.

Iewers in Colbyn kom die polisie se voertuie aan, die skurke spring uit die motor en die bestuurder daarvan ry verder.

Drie wat probeer weghardloop het, is aangekeer.

“My ma is die die oulikste dame wat ek ken!”