Jayde se man aangekla

Uitenhage -. Die onderwyseres Jayde Panayiotou van Uitenhage, wat in April vermoor is, se man het vlugtig in die Port Elizabeth-landdroshof op aanklag van moord verskyn.

Christopher Panayiotou (28) word ook aangekla van menseroof, rooftog en sameswering om haar te vermoor.

Die moord op die jong onderwyseres het ’n opskudding in die Oos-Kaap veroorsaak, en kinders van die skool het saam met familie en vriende getreur oor haar onnatuurlike heengaan.

Verdere ondersoek word na die moord gedoen, en die saak is tot 19 Junie uitgestel.

Familie, vriende en belangstellendes was merkbaar verlig toe dit bekend gemaak is dat die verdagte in aanhouding bly.