Baba gebrand in hospitaal

Boksburg -. Verlede jaar is ’n twee dae oue baba, klein Juan, deur klaarblyklike nalatigheid, ernstig beseer met ’n elektriese kombers wat hom gebrand het in die Bertha Gxowa-hospitaal van Germiston.

Sy knieë, toontjies en een arm het ernstige brandwonde opgedoen wat veroorsaak dat hy nou as 11 maande oue baba sukkel om te kruip.

Verpleërs van die hospitaal het blykbaar ’n warm elektriese kombers op die pas gebore baba van twee dae gesit, bloot omdat hulle nie wou toelaat dat ma Marianne hom toemaak met haar eie kombers nie.

Hy moet glo fisioterapie kry omdat hy nie plat op sy linkervoet trap nie.

Sy sê hulle regsverteenwoordiger is tans in onderhandeling met die hospitaal se owerheid in ’n poging om ’n skikking te bereik.