Vinkel en koljander, die een is soos die ander…..

Verlede week het ons gesels oor koljander, daarom gesels ons hierdie week oor vinkel. Vinkel is  ‘n veeragtige krui met geel blommetjies. Dis lok die mooiste skoenlappers en bye na die tuin. Dit kom oorspronklik van die Mediterreense streek en Suid-Europa. Alles van die krui is eetbaar- tot die bol! Vinkel is een van die eerste kruie wat deur die mens aangeplant is vir die gebruik van die krui.

Waar kan vinkel orals gebruik word?

In die huis: wanneer dit by kompos gegooi word maak dit die kompos krummelrig.

Kosmeties: Die gesig kan gestoom word met deur die vinkel in ‘n bak te gooi saam met kookwater en dan die gesig bo die stoom te hou. Dis verfrissend op die vel.

Medisinaal: Vinkelsaad kan gekou word, wat help vir ‘n slegte asem. ‘N tee kan gemaak word van vinkel, wat baie goed is vir die spysverteringstelsel. 2 teelepels vinkel saam met ‘n koppie warm water wat mens  so paar minute laat staan is wonderlik vir wonde en is baie antisepties.

Kos: Vinkel het nogal ‘n baie sterk geur en meng nie goed met ander kruie nie. Dit gaan wel goed saam grasuie en pietersielie. Vir geregte kan die blare fyngekap word en gebruik word. Dis heerlik in boontjiegeregte. Dis ook heerlik saam met roomkaas in ‘n hoendervulsel.Dit  gaan heerlik saam met geregte wat sitrus bevat en ook saam met vis, veral salm. Dis ook heerlik saam met slaaie wat avokado bevat