Gehoor van Grasuie/Chives?

Psssssst, het jy gehoor wat sê die slimmes van: Grasuie/Chives?

Grasuie  is familie van die knoffel-plant en is heerlik om te gebruik in die kombuis. Hy het wit blomme en ‘n sterk knoffelreuk. Hierdie krui is inheems aan Noord- Amerika en Europa. Die stingels kan gedroog word, maar dit is baie beter om dit vars te gebruik.

Medisinaal: die krui is bekend vir die vermoë om die eetlus te verbeter en ook die bloed te reining. Nes knoffel help dit om griep en verkoue af te weer.

Kos: Grasuie kan gebruik word in meeste vleisgeregte. Gooi vars gekapte grasuie by sop en laat so 5 min prut vir ‘n heerlike smaak. Dis ook heerlik in eier- geregte saam met roomkaas of skons.

GRASUI-EN-DILLE-SUURROOMSOUS
150 ml suurroom
30 ml (2 e) vars grasuie, fyngekap
15 ml (1 e) vars dille, fyngekap
15 ml (1 e) melk
sout en varsgemaalde swartpeper, na smaak

1. Meng al die bestanddele in ‘n voedselverwerker.
2. Plaas die sous vir ongeveer ‘n uur in die yskas voor opdiening.

Geniet dit saam met onderstaande aartappels.

AARTAPPELS
4 aartappels, geskil
50 g margarien, gesmelt
vars dille
grasui-en-dille-sout

Stel die oond op 200 °C.
1. Sny die aartappels so dun as wat jy kan.
2. Hou die aartappelskyfies twee-twee bymekaar. Smeer die onderste aartappel van elke twee met gesmelte margarien, plaas ‘n dilleblaar op, sprinkel met sout en plaas die ander aartappelskyfie bo-op. Voltooi al die skyfies en pak op ‘n bakplaat uit.
3. Plaas nog ‘n bakplaat bo-op die aartappelskyfies met iets swaar, soos ‘n baksteen, om dit plat te druk. Bak vir 10 minute.
4. Verwyder die boonste bakplaat en bak vir ‘n verdere 10 – 15 minute tot goudbruin en bros.