Zimbabwe nasionaliseer diamante

Diamantontginning gaan in Zimbabwe genasionaliseer word sodat dit onder die beheer van een maatskappy is waarin die staat 50% aandeelhouding het.

Die nasionalisering sal veral Murowa Diamante raak waar Rio Tinto 78% aandele besit. Altesaam sewe maatskappye is bloot oor die nuwe plan ingelig en ‘n week tyd gegun om dit te bespreek.

Die staat besit, met die uitsondering van Murowa Diamante, 50% aandele in elkeen van die onderskeie maatskappye wat in die Marange-diamantveld ontginning doen.

Die Zimbabwiese regering is volgens die minister van mynwese, Walter Chidhakwa, bereid om maatskappye uit te koop wat nie bereid is om deel te word van die konsolidasie nie.