Ystermyn bedreig natuurlewe in O-Transvaal

’n Mynhuis wat aansoek gedoen het om ystererts te myn in die omgewing van Komatipoort behoort gestop te word deur optrede van die Oos-Transvaalse Toerisme en Parke-agentskap (YPA) om te voorkom dat die natuurlewe in die gebied ernstig benadeel word.

Die mynhuis, wat ’n aansoek ingedien het onder ’n K201 nommer, beplan glo om ystererts te ontgin en het reeds ’n aansoek om prospekteringsregte ingedien.

Die myn beoog om sy werksaamhede te begin in die omgewing van Komatipoort waar dit by die Krokodilrivier aansluit.

Indie die mynhuis se aansoek slaag, sal hulle regte bekom in ’n gebied so groot as sowat 5,600 rugby velde.

Kenners wat glo insae gehad het reken die aansoek wat ingedien is, bevat talle foute wat voldoende redes is om die aansoek uit te gooi.

Inwoners van die gebied sê indien daar langs die Krugerwildtuin gemyn sou word, gaan die die wild en algemene natuur in die omgewing ernstig benadeel, en die watervoorsiening van die gebied sodanig raak dat ernstige water tekorte ondervind gaan word.

Die gebied is sterk gefokus op die toerisme bedryf, en vrese bestaan dat die bedryf ’n ernstige knou sal kry as die aansoek goedgekeur sou word.

Foto – Vakansieoord naby Komatipoort