Wie verskaf diesel aan Eskom?

Die VF Plus beplan om Eskom te dwing daartoe om inligting bekend te maak oor wie diesel aan hulle verskaf, en teen watter prys.

Volgens adv. Alberts is dit ʼn gegewe dat die verhoging van 22% in kragtariewe, hoofsaaklik aangewend gaan word vir die aankoop van diesel wat die land se kragturbines aan die gang moet hou, en vrae word ‘wyd gevra’ oor wie bevoordeel word deur die dieselkontrakte.

Die VF Plus is besef deeglik dat die verhoging gebruik gaan word om diesel teen gelaaide pryse van kaders aan te koop wat die krisis wil gebruik om die vinnig krimpende staatskas en die belastingbetaler met nog miljarde rande te melk.

“Soos met die onlangse belastingverhogings, is hierdie kragverhoging ʼn manier om verbruikers te dwing om te betaal vir die onbeholpenheid en vergrype van die staat en sy instellings,” sê adv. Alberts.