Vrystaat vier "China-week"

Gedurende April word die “China-week” in die Vrystaat aangebied. Die begroting van die Vrystaat beloop R29,374 miljard en uit daardie geld het die Vrystaatse regering R7 miljoen toegedeel vir die “China-week”.

 Na verneem word R5 miljoen van die R7 miljoen deur die departement van ekonomiese ontwikkeling en omgewing sake verskaf.

Die leier van die VF+ in die Vrystaatse wetgewer het beswaar gemaak daarteen dat soveel miljoene aan die “China-week” bestee word terwyl die departemente van gesondheid en onderwys sukkel met opgelope uitgawes