Vrou aangekla op 160 bedrogsake

Zita Plew-Chisholm (34) van Plumstead in die Wes-Kaap het blykbaar derduisende Rand ingepalm deur vals vliegkaartjies aan sowat 160 mense te verkwansel.

Sy het haarself as ’n geregistreerde reisagent voorgedoen en vervalste vliegtuigkaartjies verkoop aan goedgelowige mense.

In die saak teen haar voer die staat aan dat sy bewustelik ’n reisagentskap begin wat nêrens geregistreer is nie, maar sy het sowat R300,000 ontvang binne agt maande met vervalste vliegtuigkaartjies wat verkoop is.

Sy het kaartjies verkoop teen “spesiale afslag” met pryse van R220 tot meer as R8,000 aan goedgelowige mense.

Kopers moes kontant inbetaal op verskeie bankrekenings, en sy het die geld laat vloei tussen die verskillende rekenings.

Die verhoor is uitgestel tot Augustus.