Volksgenoot, waar gaan jy heen?

Afrikaner, quo vadis, waar gaan jy heen?

Laat ons besin, Volks-fees en dank vir genade versus nasie-leuen en uittartende humanisme

Is die hartseer nie toenemend dat ons moet vra:

onthou jy nog waar jy vandaan kom?

onthou jy die geloofs-voorbeeld, die onbaatsugtige offers van ons voorgeslagte?

Kom ons kyk terug na een volks-feesdag en na een nasie-herdenkingsdag.

Die dag en datum 27 Februarie spreek van genade en ´n volk se dankbare erkenning van daardie genade. Dit herinner ons dat ons ´n Geloftevolk is, dat ons daarom, selfs te midde van aardse swaarkry, oneindig ryk en geseënd is.

Uiteindelik móét ´n gelowige volk verby Majuba en Bloedrivier terugkyk en teruggryp na Gólgota.  Eers dán onthou ons werklik wie en wat ons is, en waarom ons hier geplant is.

Maar dit vermaan ons ook dat ´n Geloftevolk dít altyd bly:

tot eer van God, en seën vir die volk en die land, solank ons ons gelofte gestand doen.

óf tot voorbeeld van Goddelike geregtigheid, en tug van wie afdwaal, of swyg daaroor.

Hier teenoor staan 21 Maart spreek van bandelose geweld, opstand teen die gevestigde orde en dekade-lange doodslag as fondament van ´n “nuwe” Suid-Afrika, gebou op die doodsbeendere van duisende.

Dit herinner daagliks aan die noodwendige verval wat volg uit ´n heidendom wat rondom ´n Babel-toring van humanisme kniel voor die altaar van “mensregte”.

En dit staan ook in die teken van skeiding: skeiding tussen geloof en ongeloof, skeiding tussen ware volksgenote en diegene wat slegs “my volk, my volk” uitroep ter wille van eiebelang en dan flink die dolk van verraad plant in die rug van die Boere-Afrikaner.

In 2015 moet ons kennis dra van ons verlede, die goeie en dit wat minder goed is.  Ons moet veral kennis neem van ons diepste geloofs- en volks-waardes:

dit is ´n maatstaf om onsself koersvas te hou op die pad na volks-vryheid;

dit is ´n maatstaf om valse “volksgenote”, agente van verandering, aan die kaak te stel.

Weinig siektes is so vernietigend soos kanker, waar deel van die liggaam teen homself begin veg.

Die agente van verandering, wat ons volk verlei na “mensregte”, “burgerregte”, wil eintlik net die Calvinistiese karakter van ons volk, wat sedert die jare sestig ondermyn is, finaal probeer omvêrwerp met hulle humanisme – hulle is ´n kanker in ons volk.

Boere-Afrikaner, onthou waar jy vandaan kom en staan dan vas in die ware geloof op die pad na volks-vryheid.

J Papenfus