Vir die dames – kaneel en heuning?

Psssssst, het jy gehoor wat sê die slimmes van kaneel en heuning?        

Baie van u het seker al gehoor van die kaneel-en-heuning-kuur. Daar word vertel dat as jy 2 eetlepels heuning en 1 teelepel kaneel in 1 koppie warm water roer en daagliks drink dit artritis kan wegneem, blaasinfeksie opklaar, cholestrolvlakke laat daal, verkoues wegneem, maagsere en maag-gasse wegvat. Dit kan gebruik word vir hartprobleme, immuunsisteem, puisies, veluitslae, oorgewig en selfs maagkanker!  Dit kan die moeite werd wees om dit te probeer.

Neem egter in ag dat daar twee soort kaneel is. Die Cassian Kaneel wat ons algemeen in supermarkte kry het ‘n 5% ‘Coumarin’ vlak wat toksies vir jou lewer kan wees. Hierdie kaneel word vervaardig in China, Indië, Vietnam of Indonisië. Dit is redelik goedkoop. Die kaneelstokkies is harder as die ander soort, kan nie so maklik gebreek word nie en het ‘n skerper speserygeur. Dit lyk soos ‘n enkel rolletjie wat leeg is in die middel. Dis donkerder bruin of rooierig en grof.

Die minder beskikbare en duurder Ceylon kaneel is van ‘n ligter bruin kleur, het ‘n soet aroma, dis sagter en maklik breekbaar. Die tekstuur is meer soos ‘n sigaar wat verskillende lagies het. Dit kom van  SriLanka waar dit gekweek en verpak word. Sy skadelike Coumarin inhoud is slegs 0,0004%. Omdat die onderskeid makliker in die heel stokkies gesien word is dit beter om daarvan te koop wanneer jy die ware Jakob kry en dit self fyn te maal.