Vir die dames – Iets oor amandels

Pssssst, het jy gehoor wat sê die slimmes van amandels?

Amandels (en spesifiek amandel-olie) is so oud soos die berge! Dis een van die oudste bekende neutsoorte wat baie ryk is in proteïene en kom oorspronklik van Asië en Noord Afrika af.

Amandels kan jou spysvertering aanhelp. Meng fyngemaalde amandels met so 3-4 pruimedante; dit behoort verseker die ding te doen!

Verder versterk amandels jou longe en jou niere. Dit voorkom koorsigheid en het ‘n sterk anti-inflammatonikum wat veral bronchiale infeksie opklaar.

Amandels is ook baie ryk aan natuurlike sink, potassium, yster, B-vitamienes en potassium. Dis hoekom jy amandelmelk elke dag kan drink- dis ‘n wonderlike algemene tonikum!