Tien sterf in vliegongeluk

Onbevestigde berigte lui dat tien mense omgekom het nadat ’n Argentynse privaat vliegtuig verlede Donderdag naby ’n vakansieoord in Uruguay neergestortl het.

Die Beechcraft B-90 King Air-vliegtuig het van Punta del Este opgestyg toe dit in ’n vlak meer naby die lughawe neergestort het.

’n Aantal lyke is uit die brandende wrak gehaal waar die vliegtuig in die water van die meer, Laguna del Sauce, gelê het.

Die passasiers was ’n span bestuurders van ’n Argentynse maatskappy wat onderweg was na Buenos Aires na ’n vergadering wat by die by ’n oord gehou is.

Foto – ’n Beechcraft B-90 King vliegtuig