Thuli sê "kom huistoe"

“Kom tog net terug na Suid-Afrika en kom help om die land op te bou”, was adv. Thuli Madonsela se oproep in London waar sy die hoofspreker was voor ’n gehoor wat byeen geroep is deur Homecoming Revolution wat hulle beywer daarvoor om ondermeer ook Suid-Afrikaners terug te bring na hulle geboorteland.

Adv. Thuli is gevra om die oproep te maak, te midde van die vele knelpunte soos bedrog en korrupsie wat sy daagliks moet ondersoek as Openbare Beskermer (OB) van die land.

Sy moes die afgelope naweek haar boodskap bring aan ’n paar honderd mense by ’n jaarlikse ekspo van dié organisasie wat gehou was in die Olympia Konferensiesentrum.

Adv. Madonsela wat deur sekere ANC hooggeplaastes al uitgeskel is as ’n spioen vir Ameriika, het gesê die mense moet terugkeer na die land en ’n steen kom lê in die reuse bouprojek om Suid-Afrika ’n beter plek te maak.

Sy het glo daarop gewys dat honderde skaars vaardighede benodig word om die poste te vul, en hier is ook baie sakegeleenthede wat benut kan word, het sy gesê.

Sy het afgesluit deur te wys daarop dat die land ook nog sekere goeie dinge het, waarvan die verwerping van korrupsie maar net een is.

In ’n poging om mense terug te lok na die land, is verskeie instansies gevra om ook teenwoordig te wees en ’n “werwingsveldtog” gedurende die naweek te voer.

Onderhoude met Suid-Afrikaners wat gretig is om terug te keer, is deur die maatskappye gevoer.

Meer as 350,000 Suid-Afrikaners het glo die afgelope vyf jaar na die land teruggekeer, maar na raming is daar nog meer as 1 miljoen iewers in die buiteland.