Terroriste vermoor boer, martel vrou

Mnr. Jake van Deventer (36) ’n boer van Warmbad en sy vrou is deur ’n onbekende aantal terroriste aangeval op sy plaas in die distrik.

Die aanval het glo in die vroeë oggendure op Dinsdag 17 Maart plaasgevind in die teenwoordigheid van hulle kinders.

Jake is met ’n mes doodgesteek terwyl sy vrou en kinders magteloos toegekyk het hoe hy vermoor word.

’n Wyd uitgebreide soektog is op tou gesit deur boere van die distrik, en spoorsnuers word ingespan om die terroriste vas te trek.

Mevrou Van Deventer is later met behulp van vriende na die St Vincent hospitaal in Warmbad geneem waar sy behandeling ontvang vir die wonde wat sy opgedoen het toe die wreedaards haar aangerand het.

Sy en haar kinders is erg getraumatiseer en ondergaan berading.