Seevaartuie in chaotiese toestand

Die Departement van Visserye het ses vaartuie wat gebruik behoort te word vir patrollies en navorsing werk. Slegs twee van hulle is seewaardig en kan gebruik word. Sommige van die ander vaartuie is al vir meer as twee jaar buite werking en is in verskeie droogdokke vir herstelwerk.

‘n Besprekingsdokument wat Dinsdag deur die portefeuljekomitee vir landbou, bosbou en visserye bespreek sou word, is daar slegs twee vaartuie wat gebruik kan word. Die Openbare Beskermer(OB) het by geleentheid beweerde onreëlmatighede ondersoek i.v.m. die tenderprosedure. Van die tenders is gekanselleer en daar moes met ‘n nuwe tenderprosedure begin word. Die OB het in haar ondersoek gevind dat die voormalige minister van landbou, bosbou en visserye haar skuldig gemaak het aan wanadministrasie en onbehoorlike en onetiese gedrag in die toekenning van ‘n vyf jaar tender van R800 miljoen.

Die SA Maritime Veiligheidsowerheid bestuur voorlopig die vaartuie tot Oktober wanneer ‘n nuwe tenderproses in werking sal tree. Aanvanklik is daar gesê dat die Africana-navorsingsvaartuig sou verlede jaar in Julie herstel wees, maar dit het nie gerealiseer nie. Daar word nog in die Kaapstadse droogwerk herstelwerk aan die drie enjins gedoen en daar sal hopelik gedurende April begin word met seewaardigheids toetse.

Die Sarah Baartman-patrollievaartuig waarvan die hersteldatum Junie 2014 moes wees, is nog steeds in die droogdok in Oos-London.

Foto – Sarah Baartman-patrollievaartuig