Reeds vyf weke vermis, ouers raadop

Die verdwyning van hulle seun het op Valentynsdag gebeur toe hy oppad was na sy ouers in Boksburg, en sedert dié dag het hulle nie taal of tyding van hom gekry nie wat die vermoede laat ontstaan dat hy nie meer lewe nie.

Wayne Alberts (36) se BMW is die volgende dag opgemerk, en die polisie het drie mense gesien wat daarmee ry in Pretoria.

Die polisie het toegeslaan op die drie en vuurwapens by hulle gevind wat nie in hulle naam geregistreer is nie, asook dwelms en ’n aansienlike klomp elektriese kabels.

Die drie moes egter vrygelaat word omdat hulle reeds langer as 48 uur in polisieaanhouding was, en het intussen spoorloos verdwyn, maar een het later teruggekeer na die polisiestasie in Sunnyside om die vermiste Alberts se BMW te gaan haal.

Sy vrou het later na sy selfoon geskakel, en ’n vrou met ’n vreemde aksent het gesê hy slaap en wil nie gesteur wees nie.

Sy ma beweer dat die polisie die BMW aan die een verdagte gegee het wat toe daarvoor kom vra het by die polisiekantoor.

Sy ouers is raadop en is elke dag net meer oortuig dat hulle seun vermoor is.

Foto – Wayne Alberts