Pres. Zuma raak toe driftig

Eers het president Zuma sy teenstanders met driftigheid teengestaan in die parlement toe hy vrae moes antwoord, en dit het tot so ’n mate ontaard dat selfs die speaker se pogings om hom tot bedaring te bring, klaaglik misluk het.

Jy het houe uitgedeel oor die hele Nkandla-skandaal en gesê hy sal niks betaal alvorens die Minister van Polisie nie ’n besluit geneem het of hy moet betaal, en hoeveel hy moet betaal nie.

Hy sê daar is geen ondersoek teen hom nie, hy is aan niks skuldig bevind nie en daarom het hy geen rede om iets te betaal nie.

Dit is Zuma se eerste optrede om vrae te beantwoord sedert die chaotiese toestand in die parlement van Augustus verlede jaar toe die Malema-party hom gepeper het tot alles in chaos geëindig het.

Gedurende die sessie het Zuma verskeie kere gesê hy probeer nie om die vrae oor Nkandla te omseil nie.

“Die mense wat die opdrag het, het nog nie vasgestel hoeveel ek moet terugbetaal nie,” het hy gesê.

Dr. Corné Mulder, LP van die VF Plus het Zuma daarop gewys dat hy die parlementêre reëls oortree deur slegs een keer vrae te antwoord in die Nasionale Vergadering.

Die president was duidelik onkant betrap en het gesê Mulder maak ’n ernstige aantyging.

“Hoekom sê jy ek het die parlementêre ­reëls oortree? Wat’s jou probleem? Die feit dat ek onderbreek is, is nie my verantwoordelikheid nie,” het ’n onthutste Zuma gesê.