Phosa in omstrede getwis

’n Twis het ontstaan tussen Mathews Phosa en sy sogenaamde huisbestuurder nadat die bestuurder beweer Phosa het as ANC politikus en gevestigde sakeman ’n vals skrywe opgestel as verslag waarin die premier van Oos-Transvaal uitgewys en verdag gemaak word as ’n apartheidspioen.

Die “huisbestuurder”, ene Jan Venter, beweer glo dat hy persoonlik gesien het hoe Phosa die verslag opstel.

Die inligting is deur ’n Engelstalige koerant die wêreld ingestuur.

’n Regsproses is glo begin deur Phosa om die meriete van sulke lasterlike beskuldigings tte evalueer, het Phosa later gesê nadat hy ten sterkste ontken het dat hy David Mabuza as ’n apartheidspioen bestempel het.

Mathews Phosa en Venter is sedert 2014 in ’n regstryd gewikkel, en hy eis nou sowat R53,000 van Venter wat dit glo van hom gesteel het.

Foto – Mathews Phosa