Ontploffing skud Welkom

’n Massiewe ontploffing het die Vrystaatse goudveld geskud en Welkom tot chaos gebring met die metaangas-ontploffing vlak langs Eskom se substasie.

Die ontploffing wat in ’n mynskag was, het ook die verkeersafdeling geskud wat naby die skag geleë is naby die substasie.

Die oorsaak vir die reuse ontploffing is onbekend, maar die vermoede bestaan dat die materiaal wat gebruik is om ’n deel van die myn af te sluit, moontlik die oorsaak kan wees.

Onbevestigde berigte lui dat agt werkers beseer is en na die MediClinic in Welkom geneem is vir behandeling.

Die ontploffing wat regoor die stad gehoor kon word, het honderde motoriste laat beweeg na die myn waar swaar rookwolke die lug besoedel het.

Owerhede het die toneel afgesper en talle inwoners beweer hulle wonings is beskadig deur die ontploffing.