Nuwe derdemag uitgesnuffel

Onbevestigde berigte dui daarop dat ’n “nuwe” derdemag uitgesnuffel is wat gesetel kan wees in die Misdaad Intelligensie-eenheid van die polisie.

Die sogenaamde “derde mag” word vermoed na die uitlewering van Zimbabwiers wat die Valke letterlik in twee kampe verdeel het.

Lt.genl. Richard Mdluli, die omstrede hoof van dié eenheid, wat later geskors is, word nou ook in die “derdemag” debakel ingetrek.

Gerugte wat ontvang is, lui dat die beheer asook die leiers-krisis in die Valke tot hewige spanning gelei het, en nou die twispunt geword het.

Persone wat tans in die Valke diens verrig, het blykbaar inligting laat val dat die krisis rondom Dramat nou tot ’n nog groter probleem gelei het, en dat beskuldigings nou selfs gemaak word dat die “derdemag” al die spanning veroorsaak.

Lt.genl. Anwa Dramat, Valke-baas, wat in Desember geskors is en kort daarna opgevolg is met skorsing van genl.maj. Shadrack Sibiya  weens hulle beweerde betrokkenheid by die onwettige uitlewerings in 2010, het die krisis veroorsaak.

Dit het die Misdaadbestrydings-agentskappe in ’n hewige getwis gebring met mekaar en het vertroue ontaard in ’n bitter vete van wantroue en verdagmakery.

Onbevestigde inligting toon verder dat Opod nou ook die rug styf maak teen Nathi Nhleko, die Minister van Polisie.

Met Robert McBride, die omstrede Opod-hoof, het intussen aansoek gedoen om ’n hofbevel te kry om sy “vooraf beplande skorsing” te stuit.

Opod is glo hard besig met sensitiewe ondersoeke na hooggeplaastes in die politiek, asook na die polisie.

Misdaadintelligensie is die derde mag in die hele geveg wat nou tot groter chaos lei, was die opmerking van ’n lid van Opod wat verkies om anoniem te bly.

Foto – Lt.genl. Richard Mdluli