Motor rubriek – Nissan Terano

Die Nissan Terano was ongelukkig net vir vyf jaar te koop in SA. Dit was Nissan se antwoord op die Toyota RAV en moes aanvanklik dien as opponent vir die RAV. Inderwaarheid was dit egter ‘n voertuig wat baie verskil het van die Toyota in die sin dat dit eintlik ‘n “hardebaard” 4×4 veldryer was.

In SA het dit gedurende 1998 in die mark verskyn en was beskikbaar tot 2003. Dit was volledig uit Spanje ingevoer en is in SA met twee verskillende enjins verkoop. Vandag is dit nog steeds ‘n baie gesogte voertuig en die eienaars daarvan raak nie maklik daarvan ontslae nie.

Soos reeds genoem was dit ‘n 4×4 veldryer. Die bou en ontwerp daarvan was dan as sulks gedoen. ‘n Leerraamonderstel, kronkelvere op al vier wiele, onafhanklike voorvering, lugversorger, laestrekratte en ‘n beperkte-gly-ewenaar het daarvoor gesorg dat dit inderdaad ‘n veldvoertuig van formaat was.

Gedurende 2000 het dit ‘n kosmeties vernuwing ondergaan waarvan die mees opvallende verandering die vervanging van ronde hoofligte met vierkantige ligte was. ‘n Keuse kon uitgeoefen word tussen ‘n drie-en vyfdeur model. Die twee deur was ‘n kortbak en die vyfdeur ‘n langbak. Die modelle wat na SA ingevoer is se spesifikasievlak was almal dieselfde. Daar kon egter ‘n keuse uitgeoefen word  vir leerbekleedsel of gewone materiaalbekleedsel vir die sitplekke.

Twee groottes enjins was gebruik. Die 2,7 TDI met ‘n turbo-dieselenjin was dieselfde enjin as die een wat in die Nissan Hardbody gebruik was. ‘n Tussen verkoeler is gebruik en beskikbare krag was 92 kW en die wringkrag 278 Nm. Die Terrano was ook beskikbaar met ‘n 3,0TDI enjin maar daar was slegs 20 van hulle ingevoer. Dieselfde enjin is ook in die Patrol en Hardbody gebruik.

Die veiligheidsaspek is nie agterweë gelaat nie en al die modelle was beskikbaar met ABS remme en terwille van gerief en gemak het dit elektriesbeheer syruite en ‘n sondak gehad.

DieTerrano was bedoel vir enige terrein. In die veld of op die snelweg, dit was oral ewe tuis.