Krieket SA is verduidelikings verskuldig

Skokkende bewerings is deur ’n Engelstalige dagblad gemaak oor Krieket SA se optrede nadat beweerde politieke inmenging toegelaat is in die samestelling van die Proteaspan wat teen Nieu-Seeland gespeel het in die halfeindstryd.

Adv. Anton Alberts, sê as die bewerings waar is, moet Krieket SA verduidelik wat gaande is in die sport.

Luidens die berig is die betrokke koerant, het AB de Villiers selfs gedreig om nie in die wedstryd te speel nie nadat Vernon Philander, wat weens ʼn vroeëre besering nie op top-vorm was nie, in die span geplaas is ten koste van Kyle Abbot.

Intussen is die VF Plus besig om skrywes te finaliseer wat uitgestuur gaan word na die belangrikste internasionale sportorganisasies met wie Suid-Afrika betrekkinge het, asook na die ambassadeurs van hierdie lande in Suid-Afrika.

Foto – AB de Villiers