Jong ma wag weke vir veloorplanting

Mev. Leë-Ann Oberholzer, ’n jong ma van ’n drie maande oue babatjie, is ernstig beseer in ’n motorongeluk tussen Welkom en Virginia, waarna sy in die Bongani-hospitaal van Welkom opgeneem is.

Leë-Ann se linkerbeen is so ernstig beseer in die ongeluk, dat sy dringende veloorplantings moet ontvang om permanente skade te voorkom.

Sy wag nou reeds drie weke vir mediese hulp om ’n veloorplanting te kry.

Intussen het die beserings aan haar been septies geword, en moes eers behandel word.

Nou wag sy steeds dat die oorplanting gedoen word.

Vrystaatse hospitale word as van die swakste in die land beskou, en die provinsiale regering wier steeds om kundiges aan te stel om die toestand reg te stel.

Kubane is glo gewerf om die tekort aan geneeshere aan te vul

Foto – Bongani-hospitaal