Die afgelope drie maande het 10 000 mense tydens ‘n aanlynopname hulle geliefkoosde Suid-Afrikaanse voël aangewys.
Die uitvoerende hoof van Birdlife South Africa, Mark Anderson, sê die gewilde tuinvoël, die gewone Janfrederik, was bo-aan die lys. Ander wenners is volgens die rangorde van gewildheid: die woudpapegaai, visarend, Bosveldvisvanger en brilpikkewyn.
Birdlife het vir die doel van die opname ‘n kortlys van 52 voëlspesies van die land se ongelooflike 846 spesies gebruik.
‘n Hele aantal bekende persoonlikhede en organisasies het veldtogte gevoer vir hulle geliefkoosde voëls.
Hul is ook my gusteling hier in die Hoé Veld. As jy baie klein stukkie kaas los in die tuin, dan gaan eet hul dit. As jy bedding om spit hou hul jou dop en sit soms so naby as ‘n meter van jou af, as daar baie plante om jou is en wag om in die grond goggas te soek as jy klaar is. En saans amper donker bad hul en soek nog vir oulaas goggas. Verstaan hoekom mens hul die skaam voéltjie noem. Hul hop rond al onder die plante in tuin en as jy nader kom wip hul net agter iets in en wag dat jy loop. Gee net BAIE klein kaas, want hul kan rumetiek of so iets kry van te veel.
Die artikel is baie inetressant. Hier by ons huis in die hoeveld was een wat baie mak is en gewonder waar bly hy. Tot my verbasing sien ek eendag iets vlieg uit my tuinslanghouer (sommer ‘n ou quad rim) teen die muur opgehang. Toe ek mooi kyk sien ek ‘n nessie en daarna ook 2 eiertjies. Hulle het uitgebroei en is nou amper 2 weke oud. Dit is vir my baie spesiaal gewees.