Hier is iets oor koljander

Pssssst, het jy gehoor wat sê die slimmes van Koljander?

Koljander kom van antieke Egipte en Suid Europa. Dis dwarsdeur die jaar beskikbaar en word soms ook ‘Cilantro’ genoem.

Vars kan die blare saam Thaise geregte en Indiese Kerrie geregte of Tortillas gebruik word. Die saad is heerlik in kerriegeregte en ingemaakte groente.

Medisinaal: Koljander is baie goed vir die spysverterings stelsel dit help vir gas in die ingewande. Gooi 2 teelepels saad in ʼn koppie kookwater en laat staan. Gooi dit deur siffie. Drink gereeld deur die dag van die mengsel.

Huishoudelik: Dis ʼn goeie insekweerder! Maak die mengsel soos volg: gooi ʼn halwe emmer emmer vol Koljander blomme, blare en stingel saam met kakiebosblare en basiliekruid. Gooi ‘n halwe emmer kookwater oor die mengsel en laat staan oornag dat dit goed trek. Gooi dit deur ‘n sif sodat net die vloeistof aftreksel gebruik kan word. Meng dan met 2 koppie seeppoeier. En gebruik soos nodig.

Vir die vel: vir ‘n olierige vel en merke op die vel, meng n halwe koppie koljanderblomme met n koppie hawermout saam 2 koppies warm water. Laat dit oornag staan in n termosfles en wend aan soos n masker vir 10 minute.

Kook:  Dit word graag in Thaise kos soorte gebruik . Die aromatiese blare het ʼn soet reuk en die stingel en sade kan ook gebruik word. Dis heerlik in sop en kerrie-geregte en tot in koek. Dit word baie in biltong en droëwors gebruik.

Biltong speserye 
Vir elke 3,5 kg vleis gebruik jy die volgende:
125g fyn sout,
27g bruin  suiker,
3g Koeksoda,
3g  Salpeter,
4ml swart peper, fyn,
4ml  knoffelsout 
50ml Koljandersaad, gebrand en fyn gemaal.
Meng al die speserye saam.
Meng:
175ml whoreshiresous met 175 ml bruin asyn.
Maak n plastiek skottel se boom nat met die asynmengsel.
Strooi die speseye oor, pak ‘n laag vleis, dan weer asynmengsel, speserye en vleis.
Gebruik al die speserye  en asynmengsel.
Laat staan dit vir 12-ure, meng die vleis ordentlik en laat weer 12 ure staan.
Hang nou op en droog tot dit reg is vir jou.