Het De Kock verdwyn?

Eugene de Kock se sogenaamde verdwyning het wye reaksie uitgelok by politici en ander waarnemers terwyl die polisie beweer dat hy nie weg is nie, en baie goed dopgehou word.

Persone wat kontak behou met Eugene, soos Piet Croukamp, sê glo hy het nie verdwyn nie, maar word goed versorg op ’n plek wat liefs nie bekend gemaak word nie.

Die Engelstalige koerant, The Star het glo berig dat De Kock teen sy eie wense aangehou word in ’n geheime omgewing deur veiligheidsmagte.

Bewerings word gemaak dat De Kock mense laat weet het dat hy hulp benodig, maar dit is nie bekend wat die aard daarvan moet wees nie.

Onbevestigde berigte lui dat De Kock sedert sy parool vrylating deur veiligheidsmagte aangehou word op ’n terrein wat nie geïdentifiseer is nie.

Verskeie individue het gewaarsku dat De Kock goed opgepas moet word uit vrees vir ’n aanslag op sy lewe soos wat met Clive Derdy-Lewis die geval was.

De Kock is ’n voormalige bevelvoerder van Vlakplaas, waar die destydse polisie se veiligheidsmagte afgereken het met moordenaars en terroriste.

Croukamp het egter opgemerk dat dit ’n geruime tyd sal duur voordat De Kock sonder veiligheidsmagte se beskerming na ander verblyf oorgeskuif kan word wat reeds gereël is.