Grondeis van miljoene word prioriteit

Geen verdere vertraging in die prosesering van die grondeis van die Ebenhaeser-groep kan verwag word nie, en sal binnekort finaal afgehandel wees.

Dit volg nadat die Hooggeregshof ’n amptelike skeidingsbevel bekragtig het na ’n ooreenkoms tussen die regering en die groep in Desember verlede jaar bereik is.

Die grond wat in die Weskus-gebied geleë is, beslaan sowat 23,000 hektaar wat oorhandig sal word, tesame met ’n R150 miljoen wat as “ontwikkelingsfonds” aangewend sal word.

Die totale waarde van die eis beloop sowat R360 miljoen wat aan die 1,700 mense toegeken word.

Die grondgebied strek vanaf ’n naby geleë plek by die Olifantsrivier tot sowat 40 kom van Vredendal af,

Die gebied wat sowat 50 wynplase insluit, vorm deel van die eis wat in 1996 ingedien is deur die groep mense.

Daar is ook private grondeienaars wat ingestem het om van hul grond aan die staat te verkoop, maar ander het geweier om hul grond te verkoop.

Luidens hofstukke probeer dié eienaars wat nie wil verkoop nie, na bewering die toepassing van die ooreenkoms kelder.

Die hof het verlede week ’n aansoek van die Ebenhaeser Communal Property Association toegestaan om dié eienaars te skei van die hoof-aansoeken daarmee die ooreenkoms ’n bevel van die hof maak.

Die eerste fase van die restitusie van die Ebenhaeser-groep  moeë gedurende Mei in werking kom nadat die eis sowat 18 jaar gelede ingedien is, wat beteken die grond kan nou aan die eisers oorgedra word.

Ontleders meen verdere hofsake kan voortspruit tussen bestaande grondeienaars wat nie bereid is om te verkoop nie, en die groep mense wat die eis ingedien het.

In 1890 is die gebeid aan verarmde blankes toegeken, wat daar met hulle boederye begin het.

Foto – n deel van Ebenhaeser-groep