Gewetelose diewe kry hardepad

Oudtshoorn -. Ses gewetenlose diewe is elk vyf jaar hardepad gestraf vir hulle misdaad om volstruise in die Klein Karoo gedurende die nag van hulle pragtige vere te beroof, wat die eienaar met derduisende Rand se skade los.

Die ses diewe wat gedurende die middernagtelike ure op volstruisplase toeslaan en die volstuise se vere op onmenslike wyse pluk, en die kosbare volstruiseiers steel, is later in hegtenis geneem weens die besit van die vere en eiers.

Tydens hul verhoor het streeklanddros Mark van Wyngaardt gesê hy weet nie watter tipe mens die ses is nie, maar is verbaas dat die voëls nie van die skurke geskop het nie.

Die ses diewe het sowat 16 volstruise van mnr. Saag Jonker vasgekeer en die voëls se vere uitgepluk en broei-eiers gesteel.

Berekenings wat gemaak is, toon dat die eienaar ’n skade van meer as R24,000 gehad het en boonop is van die volstruise ernstig beseer.

Ao. Nick Cremer, een van die polisie se ondersoekbeamptes van die Oudtshoorn-veediefstaleenheid, het tydens die verhoor getuig dat 18 soortgelyke voorvalle gedurende die afgelope jaar in die Oudtshoorn distrik voorgekom het.