Croucamp, jy tas mis

Die Redakteur

 

Miskien moes ek begin het deur te sê Croucamp praat “mis”, maar kom ons hou dit lig en op die man af.

In een van die liberale Afrikaanse dagblaaie skryf die man met die kopdoek dat Afrikaners nie omgee om in die land te bly solank hulle regte beskerm word nie.

Dit is ’n totale mistasting – trouens, dit is ’n tipiese manier van misleiding wat hy waarskynlik saam met FW aangeleer het …

Afrikaners weet vandag hulle lewens is op die spel, hier is geen moontlikheid van beskermde regte nie want alles word stelselmatig op eg Afrika-kommunistiese wyse ingepalm.

Miskien sal neef Croucamp iets hiervan leer wanneer hy die dag aangeval en met ’n strykyster gemartel word, met ’n koeël in elke knieskyf alleen buite lê en gil van die pyn.

Intussen moet hy weet, sy aannames wat hy maak, is afkomstig van homself, nie van mense wat helder dink nie.

Sy verwysing na die NG Kerk is duidelik ook maar ’n eensydige affêre, want daardie Kerk het reeds bewys hulle gaan nie agter die liberaliste aanhardloop en Belhar aanvaar nie, en die Broeders, ag nou ja, hulle het mos die afgelope 30 jaar in die kraal van Croucamp gespeel, nie waar nie…..

Hannes Grobler